Vyf lesers van NoordkaapBulletin kan elkeen twee kaartjies wen om die Yonder Hartsfees op Saterdag (02/09) by te woon.
Dié derde Yonder Hartsfees begin Donderdag (31/08) en duur tot Sondag (03/09).
Toegangshekke maak op dié dae om 09:00 oop, en die feestelikheid sal tot laat duur.
Soos voorheen bied stalletjies produkte te koop aan – van eetgoed tot kuns, speelgoed, handgemaakte ware, huishoudelike produkte en plante, en nog meer.
Boonop sal die pretpark vir kinders – met ’n mallemeule en meer – sportgeleenthede en meer besoekers ure lank vermaak.
Vanjaar is die Yonder Experience en Die Spens nuut op die fees, waar die vaardighede van Yonder-inwoners besigtig kan word en van hul produkte te koop aangebied word.
Veilige parkering is langs Hendrik van der Biljstraat by die toegangshekke beskikbaar. Vervoer na die terrein kan ook gereël word.
Vanjaar kan besoekers al die vertonings van die kunstenaars met hul toegangskaartjie bywoon. Goedkoper familiepakkette is beskikbaar, en kaartjies kan ook aanlyn gekoop word.
Koop kaartjies aanlyn op iTickets, of by die toegangshekke.
Besoek Yonder Hartsfees op Facebook vir skakels en die volledige program.
NoordkaapBulletin is die gedruktemediaborg van die fees.
Maak só om (dalk) kaartjies te wen
Om ’n kans te staan om twee toegangskaartjies vir Saterdag se feesverrigtinge te wen, stuur die volgende inligting per e-pos:
- jou naam en van;
- jou selfoonnommer;
- dorp of stad waar jy woon; en
- vertel in een sin waarom jy die fees wil bywoon.
Stuur al dié inligting voor of op Donderdag 31 Augustus om 20:00 na noordkaap@media24.com of helena.barnard@media24.com
Die vyf wenners sal telefonies in kennis gestel word.
Die kaartjies is slegs vir toegang vir Saterdag beskikbaar.





