Wen

Een leser van die Noordkaap-koerant kan Anchien Troskie se nuwe boek, Somtotaal, wen.

Die sesde boek
uit Anchien Troskie se pen – Somtotaal ­- het pas verskyn.

Troskie het bekendheid
vir haar boek, Dis ek, Anna, verwerf en Somtotaal het pas by Human &
Rousseau – ‘n druknaam van NB-Uitgewers – verskyn.

“Jammer is so
’n ou eina-woordjie … Jammer is nooit genoeg nie. Jammer is vir per ongeluk
teen iemand stamp in ’n besige winkel … Daar bestaan nie ’n woord wat kragtig
genoeg is om jare se pyn ongedaan te maak nie.”

Ester en
Nonthando Majolo het saam op ’n afgeleë plaas in die Oos-Kaap grootgeword.
Boesemvriendinne – tot een dag van verraad.

Noordkaap het
een kopie van Somtotaal vanaf NB-Uitgewers ontvang om gratis weg te gee. Die
enigste voorwaarde is dat die boek in Kimberley afgehaal moet word.

 “Message” die antwoord
van dié vraag na die Facebook-blad Noordkaap-koerant, of stuur ’n e-pos na helena.barnard@volksblad.com
om in aanmerking te kom om die boek te wen.

Vraag: In
watter provinsie het die twee boesemvriendinne grootgeword?

 Stuur die
antwoord voor of op Dinsdag 30 Junie om 13:00 om in aanmerking te kom om die boek te wen.

Die
wenner sal op die dag in kennis gestel word.  

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article