Inwoners van dorpe en nedersettings langs die oewers van die Benede-Vaal- en Benede-Oranjerivier moet oorweeg om na gebiede wat bo die 20-jaar-vloedlyn geleë is te beweeg. Só het die departement van water en sanitasie die naweek gesê.
Altesaam 12 sluise van die Vaaldam is oop.
Dit dra by dat die vlak van die riviere drasties styg, met nog water wat by die Bloemhof-, Vaal- en Vanderkloofdam uitgelaat word.



