Inwoners van Warrenton, wat reeds sedert 21 Februarie met leë krane moet saamleef, hoop dat die tydelike oplossing om water aan dié dorp onder die bestuur van die Magareng-munisipaliteit te verskaf vandeesweek afgehandel kan word.

Willem Potgieter, DA-raadslid, sê in ’n verklaring die waterkrisis moes vinniger opgelos gewees het, en dit moet vir die plaaslike regering ’n les in rampbestuur wees.

Fakture vir die gebruik van private watertenkwaens beloop reeds meer as R620 000, en die noodvoorsiening van gratis water aan inwoners het honderdduisende rand gekos.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article