Lede van die Kuruman-tak van die Vroue-Landbou­vereniging het ouderge­woonte in groot getalle die pasafgelope kongres van die Vroue-Landbou­vereniging van Kaapland (VLVK) bygewoon.

Die kongres is vanjaar in Hartenbos aangebied.

Die Kuruman-tak het op die glansgeleentheid ’n trofee ontvang vir ’n derde plek in die kunste- en handvlyt-afdeling.

Die Kuruman-tak het ‘n trofee vir ‘n derde plek in die kunste- en handvlyt-afdeling verwerf. Marianne Vorster (links, voorsitter) ontvang die trofee namens die tak. By haar is Erika Lubbe (argivaris Vroue-Landbouvereniging van Kaapland en voormalige presidente).

Marianne Vorster, voorsitter, het die trofee namens die tak ontvang.

Arina Beukes van Kuruman het ook spesiale erkenning ontvang vir haar inskrywing in die kompetisie van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue (WBPV).

Arina Beukes (links) van Kuruman het spesiale erkenning ontvang vir haar inskrywing in die Wêreldbond van Plattelandse Vroue-kompetisie. By haar is Magdie de Kock, wêreldpresident van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue.

Buiten bywoning van die leersame kongres van twee dae, het die groep van Kuruman tyd ingeruim vir onder meer ’n besoek aan die Outeniekwa-spoorweg­museum, asook ’n treinrit teen die berg op en piekniek op die bopunt.

Daar word reeds beplan aan volgende jaar se kongres, wat in Tygerberg gehou gaan word.

Die Kuruman-tak het ’n trofee ontvang vir ’n derde plek in die kunste- en handvlyt-afdeling. Van links is, voor: Ansie Cilliers, Hettie du Plessis-Krüger, Marianne Vorster (voorsitter), Zelda Lombaard en Marelie Keuler; agter: Alta Roets, Karin van der Walt, Arina Beukes, Rina Scheepers en Janet West. Inlas: Petro Spangenberg (saamroeper: kunste- en handvlyt).

Inlas: Petro Spangenberg.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article