WEN KAARTJIES | Vroue-oggend vrolik gemoed op; ‘laat onderrok uithang’

Milan Murray motiveer vroue met haar praatjie “Laat jou onderrok uithang”.

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM

Twee lesers van NoordkaapBulletin kan elk twee kaartjies wen na die oggendteegeselligheid in Kimberley waar die aktrise, sepiester, TV-aanbieder en verhoogpersoonlikheid Milan Murray aan vroue gaan vertel: “Laat jou onderrok uithang”.

Dié praatjie op Saterdag 16 September, met die gelyknamige titel, is ligte tong-in-die-kies motivering wat die gedagte aanspreek van “wat sal die mense sê,” vertel Murray.

Milan Murray motiveer vroue met haar praatjie “Laat jou onderrok uithang”.

“Dit is ’n uitdaging aan die gehoor om die grenslyne te toets. Ons leef so streng binne die lyne omdat ons altyd bang is wat die mense sal sê. Dus, ons laat nooit ons onderrok uithang nie.

“Ek het grootgeword met dié uitdrukking, en in my praatjie gooi ek dit op sy kop en daag die gehoor uit.”

“Ek spot met my eie opvoeding en vertel staaltjies uit my lewe – op só ’n manier dat die gehoor hulle met die tema vereenselwig en lig van die oggendtee wegstap.”
Milan Murray

Op dié bederf-oggend vir vroue, wat om 10:00 by die NG kerk Bakenskop te Rhodeslaan 29A in Carters Glen begin, bied talle stalletjies uitsonder­like produkte te koop aan. Die geleentheid is ideaal vir ondernemings om vroue in hul diens te trakteer.

Milan Murray

Milan Murray

The My Story Tribe

Murray, ook die stigter van The My Story Tribe, praat die vorige dag met ses- tot 13-jariges by die Laerskool Newton, met die skep van ’n eie storie en eie identiteit as deel van die tema.

Vind meer oor dié sessies met laerskoolkinders uit deur die artikel op NoordkaapBulletin se webwerf te lees.

Bel Daleen Hugo by 053-831-1705 of by 084-207-0587 hieroor.

“Laat jou onderrok uithang” 

Kaartjies vir die oggendtee-geselligheid op 16 September kos R300 per persoon. ’n Ligte ete word bedien.

Koop kaartjies teen 10 September by Marlize Theron by 082-721-3172.

Skryf só in om ‘n kans te staan om die kaartjies te wen:

Stuur jou naam, van en selfoonnommer voor of op Saterdag 9 September om 18:00 na helena.barnard@media24.com

Vertel in een sin waarom jy graag twee kaartjies sal wil wen.

Die wenners sal teen Maandag 11 September telefonies in kennis gestel word.

NoordkaapBulletin is die gedruktemediaborg.

Milan Murray

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article