‘n Jong vroueboer van Kroonstad wat haar passie vir skaapboedery saam met haar gedugte span uitleef, is deel van die nuwe dokumentรชre reeks Die hart en siel van skaapboerdery, wat op kykNET uitgesaai word.
Die 31-jarige Trudine Leonard is een van ses boere wat haar storie en passie vir die boerdery in diรฉ nuwe reeks deel, wat deur Minki van der Westhuizen aangebied word.
Van der Westhuizen het deur die land gereis om die stories van boere te vertel in aanloop tot die Suider-Afrika Agri-inisiatief (Saai) se Lamb Champs-kompetisie, waar die topskaapboer R160 000 se pryse gewen het.
Deel storie in kompetisie

kykNET waarin sy haar storie en liefde vir skaapboerdry
deel. Foto: Verskaf Credit: Verskaf
Die kompetisie is begin sodat boere met gehalteprodukte die eerste keer voorraad by ‘n nasionale kleinhandelaar op die rakke kon plaas.
In die reeks vertel die boere, uit vyf provinsies van die land, hul merkwaardige storie en deel hulle die pad wat hulle gestap het om hul lamsvleis van die plaas tot op die winkelrak te kry.
“Om plaaslike boere regoor die voedselketting te ondersteun, wat vleis, vrugte en groente produseer, help ons om voorsieningskettingdoeltreffendheid te ontwikkel wat tot voedselsekerheid in die land bydra,” sรช Tessa Chamberlain, bemarkingsdirekteur van Pick n Pay.
Storie van familie, tradisie, erfenis
Benewens Leonard, die enigste vroulike boer, is boere in die program Anton Nel van Somerset-Oos; Enoch Ralehoko van Beaufort-Wes; Gawie van Heerden van Victoria-Wes; Hendrik Kotze, Boela Wolmarans en Coenie Meyer van Groblersdal; en Jason Davel van Reitz.
Van die boere is al dekades op hul familieplaas, terwyl sommige onlangs grond begin gehuur het om te boer โ hul werk word egter deur dieselfde passie en toewyding geken.
Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, het die dokumentรชr beskryf as ‘n storie van familie, tradisie en erfenis.
“In die program kan verbruikers sien waar hulle vleis vandaan kom en die reis volg van die plaas tot waar dit te koop is aangebied word. Wonderlike stories van deursettingsvermoรซ, passie en boere wat altyd planne maak word in die dokumentรชr gedeel.”
Lamb Champs: Die hart en siel van skaapboerdery het op Sondag 16 Maart om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) begin.






You must be logged in to post a comment.