matrikulant van die jaar

Volksblad en die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Matrikulant van die Jaar-kompetisie, wat vanjaar die 40ste keer aangebied sou word, is weens die korona­virus-pandemie van die baan.

Dié kompetisie fokus op uitblinker-matrikulante wat nie net akademies nie, maar ook op sport-, kultuur- en ander gebiede presteer.

Met die akademiese skooljaar wat vanjaar deur die inperkingsmaatreëls omvergewerp is en waar geen sport- of kultuuraktiwiteite kon plaasvind nie, het die organiseerders besluit om dit nie vanjaar aan te bied nie.

Gert Coetzee, redakteur van Volksblad, het sy spyt uitgespreek.

Nomonde Mbadi, direkteur van studentewerwingsdienste aan die UV, is ook ontsteld.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article