Dié tyd van die jaar, wanneer vrugte, bessies, saadjies, jong blaartjies en blomme in die natuur nie volop is nie, is dit maklik om geveerdes, soos dié muisvoëls, na die tuin te lok. Muisvoëls beweeg graag in swerms van vyf tot 20 voëls, en hulle vinnige geskarrel in boomtakke en teen stamme op herinner aan die geskarrel van ’n muis. ’n Muisvoël se akrobatiese vernuf en sy gewoonte om selfs onderstebo te hang om te eet, kan vermaaklik wees om te aanskou. Menige tuiniers, wat vrugte en groente plant, beskou hulle egter as ’n verpesting.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article