Soos voorheen, het die Laerskool De Aar se jaarlikse marathondag tot samehorigheid, kreatiwiteit en hope pret bygedra. Dié geleentheid, op 25 Februarie, het pret-aktiwiteite soos toutrek, sokker en rondtes om die atletiekbaan ingesluit. Tussendeur kon energievlakke herstel word by die snoepie. Boonop moes elke graad volgens ’n tema aantrek. Lelani Rautenbach en haar gr. 4E1-klas het ’n Checkers Sixty60-tema uitgebeeld. Hiervoor het Checkers De Aar vir dié onderwyser ’n motorfietsie geleen, en ook 30 Sixty60-papiersakke geskenk sodat leerlinge dit kon dra. Besoek Laerskool De Aar Primary op Facebook om nog foto’s te sien.

Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article