Die polisie in Roodepan, Kimberley, vra die publiek se hulp om die 35-jarige Basil Owen Smith op te spoor.
Smith, wie verstandelik gestremd is, is laas op Saterdag 11 Februarie gesien. Hy het ’n swart denimbroek en wit hemp aangehad, sê sers. Timothy Sam, polisiewoordvoerder, in ’n verklaring.
Hy woon in Ivory Park in Roodepan, en het altyd daarvan gehou om vanaf die huis na die vierrigtingstopstraat by Ravenstraat te stap en daar vir ’n rukkie te sit. Daarna het hy altyd teruggekeer huis toe.
’n Polisieverklaring, waarin Smith as ’n vermiste persoon aangedui is, is ook op 23 Februarie uitgereik.
Enigeen wat inligting het oor waar Smith hom kan bevind, word gevra om vir speursers. William Maenetja by 076-834-8758 te bel, of 086-001-0112 te skakel, of anoniem inligting per SMS na 32211 te stuur of na die MySAPS app te stuur.
Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.


