Nie net onooglik nie, maar uiters gevaarlik. Só beskryf inwoners van Heerengrachtlaan in Royldene, Kimberley, die Sol Plaatje-munisipaliteit se hantering van dié stukkende lamppaal. Oral oor die stad heen lê omgeryde lamppale soos geraamtes op sypaadjies, asook oorblyfsels van wat eens ’n lamppaal was voordat dit afgesny is om die kabels daarbinne te steel. Langs talle strate brand die straatligte nooit nie, terwyl dit langs ander nooit ophou brand nie. In sy inhuldigingstoespraak as premier van die Noord-Kaap het dr. Zamani Saul in Mei 2019 sy visie van ’n moderne, groeiende en suksesvolle provinsie voorgehou. In die toespraak het hy gesê dié visie sluit ’n sterk provinsiale regering in “wat korrupsie en luiheid” beveg, en wat die glans terug sal bring na Kimberley. Slaag die provinsiale regering daarin? Stuur jou mening na noordkaap@media24.com

Foto: Charné Kemp

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article