AfriForum se tak in Kathu het onlangs sy eerste noodwaterpunt in dié dorp tot stand gebring. Hierdie punt word by die Kathu-brandweer opgerig vir wanneer die gemeenskap met ’n watertekort sukkel. Dit is die eerste 2 500 liter-tenk met ’n kraan op die brandweer se perseel vir wanneer inwoners se krane leegloop. Die Kathu-brandweer stel nie net die ruimte aan AfriForum beskikbaar om die tenk op sy perseel op te rig nie, maar onderneem ook om die tenk vol water te hou. “AfriForum se Kathu-tak beplan om nog tenks en noodwaterpunte in die dorp op te rig,” sê Johan Snyman, AfriForum se voorsitter van dié tak. AfriForum bedank die Kathu-brandweer vir hul onbaatsugtige werk in die omgewing.

Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article