In die vroeë lente, wanneer die veldgras nog wintervaal is en die eerste lentereën nog nie geval het nie, verleen boslelies kleur aan menige tuin met hul oranje, amperrooi of geel blomme. Dié trompetagtige blomme aan ’n lang steel is ook ’n ideale snyblom. Selfs wanneer die boslelie nie in blom is nie, is die breë en immergroen blare ’n lus vir die oog.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article