Van die rooi ligte by die verkeersligkruising werk nie (sien middelste stel verkeersligte), en omdat die oorblywende rooi ligte so laag is en maklik deur hoër voertuie versper word (sien verkeersligte links en regs), hanteer talle motoriste die kruising as ’n vierrigtingstop, terwyl dwarsverkeer inderwaarheid die groen lig het.

Foto: Helena Barnard

Van die rooi ligte by die verkeersligkruising werk nie (sien middelste stel verkeersligte), en omdat die oorblywende rooi ligte so laag is en maklik deur hoër voertuie versper word (sien verkeersligte links en regs), hanteer talle motoriste die kruising as ’n vierrigtingstop, terwyl dwarsverkeer inderwaarheid die groen lig het.

Die besige verkeersligkruising in Memorialweg in Kimberley is vir baie lank al ’n bron van frustrasie en verwarring.

‘n Besige verkeersligkruising in Memorialweg in Kimberley is toenemend ’n bron van verwarring.

Die kruising vorm deel van die N12 wat deur die stad strek en dien as die hoofingang na die North Cape Mall aan die een kant, en die nuwe Medicross- en DSC-gebou aan die ander kant, waar talle ondernemings gehuisves is en na bewering eersdaags ook die premierskantoor.

Net enkele van die verkeersligte by dié breë kruising oor vier bane en met slegs links- of regsdraaibane, is in werking of enigsins aan die verkeerspale geheg.

Daar is vir baie lank reeds glad nie meer ’n oorhoofse verkeerslig nie, en wanneer ’n oorhoofse verkeerslig per uitsondering wel gekoppel word, word dit binne ’n kort tydjie deur vragmotors afgery omdat dit nie hoog genoeg is nie.

Die oorblywende verkeersligte is te laag, en selfs ’n voertuig so hoog soos ’n minibus kan ’n motoris se uitsig versper en so verhoed dat die verkeersligte raakgesien word.

Talle minibustaxi’s gebruik een van die slegs linksdraaibane as ’n op- en aflaaiplek vir passasiers, en dra so by dat die kort verkeerslig aan die linkerkant versper word.

Van die rooi ligte by die kruising werk nie, en omdat die res van die rooi ligte nie goed genoeg sigbaar is nie, veroorsaak dit dat talle motoriste dit as ’n vierrigtingstop hanteer, terwyl die lig inderwaarheid groen vir die dwarsverkeer is.

Volgens die Sol Plaatje-munisipaliteit sal die kruising aandag kry sodra verkeerstoerusting ontvang word.

“Diefstal, vandalisme en ongelukke speel ’n groot rol in die agterstand van die herstel van sulke kruising,” sê die munisipaliteit, en versoek dat die publiek beskadigde verkeerstekens by die beheerkamer by 053-830-6111 aanmeld

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article