Die immergewilde bougainvillea bly ’n treffende doringagtige ranker wat baie maande lank kleur in enige tuin en teen enige muur kan verskaf. Die helder kleure van dié rankplant is van die blom se skutblare afkomstig, terwyl die blom klein en onbeduidend tussen die skutblare skuil. Sommige mense glo dat die plant vrede, oorvloed, voorspoed en passie vir verhoudings simboliseer. In Suid-Amerika word dele van die plant vir die behandeling van hoes en asemhalingsprobleme gebruik.

Foto: Jacques Jansen van Vuuren

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article