Die Elizabeth Conradie-skool (Elcon) in Kimberley bied op 14 Februarie om 18:00 vir 18:30 ’n Valentynsete en -dansparty in die skoolsaal aan.

Dit dien as ’n geld­insamelingsgeleentheid vir dié skool vir leerlinge met fisieke gestremdhede.

’n Snoepie sal oop wees.

Kinders jonger as 12 is welkom om die geleentheid by te woon en het gratis toegang. Eie koelerbokse kan ingebring word teen ’n fooi van R100 elk.

Kaartjies kos R150 per persoon, of R1 500 per tafel. Gaste kan ’n tweegangete en dans geniet. Kaartjies kan by die skoolkantoor gekoop word, of skakel 083-225-4890 of 061-981-3613.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article