Die gebruik van ’n tydlyn-lysie kan help om jou huwelikseremonie te beplan en die senuwees in toom te hou:
12 maande: Besluit waar en wanneer julle wil trou en hoe groot die onthaal gaan wees.
10 maande: Stel ’n gastelys saam. Besluit op ’n trourok en die detail van die onthaal.
8 maande: Begin die spyskaart beplan en stuur ’n “save the date”-e-pos of -kaartjie.
6 maande: Stel ’n geskenklys saam en werk aan jou uitnodigingskaartjies.
4 maande: Stuur die uitnodigingskaartjies en finaliseer tafelversierings en blomme.
2 maande: Raadpleeg ’n prokureur oor die huwelikskontrak en reël die troulisensie.
1 maand: Pas jou rok aan en laat die gevolg ook hul uitrustings aanpas.
1 tot 2 weke: Kry jou trourok, bevestig die gastelys en finaliseer die seremoniereëlings.
3 dae voor die troue: Pak jou wittebroodtas en bederf jouself.
2 dae voor die troue: Doen ’n proeflopie van die seremonie.
Die dag voor die troue: Bring tyd deur saam met jou familie en geliefdes.
Op jou troudag: Wees rustig en betyds en geniet die groot dag.


