“Ek kan mos.”

Hierdie duidelike antwoord laat my besef hoe reg en belangrik haar antwoord is.

Sy is diensbaar, voorwaar.

Sy help sonder ophou.

Die rede vir haar antwoord lê in ’n eenvoudige bekommernis oor haar omdat sy haarself so maklik tweede stel, om altyd ’n ander te kan help.

Haar lewensfilosofie hieroor is baie eenvoudig.

Die probleem is, en dit is wat haar uitdaag, so baie mense kan so dikwels help, maar hulle wil nie.

Ek en sy gesels. Ons wonder hoekom. Sy spekuleer; sy help want sy kan, maar sy help selfs wanneer sy nie kan nie.

Dit maak haar gedaan dat mense ’n ander kan help, maar nie doen nie.

Sy som dit op: ’n Mens kan baie daaroor redeneer, maar meestal wil mense eintlik nie mekaar help nie.

Hulle wil hulself nie verontrief nie.

Hulle wil nie uitgedaag word nie.

Hulle wil nie uit hul gemaksone kom nie.

So hou sy aan.

Sy kom op die punt waar sy sugtend sê: Dikwels kan mense mekaar help, maar hulle wil nie.

Dit is al.

Hulle wil nie van hulself gee nie, nie van hul geld nie en nie van hul tyd nie.

Daarom het sy geleer om te gee wanneer sy kan.

Tyd, geld, kundigheid, gawes.

Help waar jy kan, as jy kan.

Hoekom moet mense mekaar smeek om hulp?

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article