Twee voormalige polisielede, Stanley Beukes (37) en Thapelo Semamai (26), is verlede week in die streekhof in Upington aan korrupsie skuldig bevind en elk tot twee jaar tronkstraf gevonnis.
Dit kom ná ’n voorval tydens die Covid-19-pandemie toe hulle R200 omkoopgeld van ’n vrou geëis het toe sy nie ’n reispermit gehad het nie.
Hulle is ook dissiplinêr verhoor en uit die polisiediens geskors.
– Anena Burger



