Hoewel die jaarlikse rugby- en netbaltoernooi van Absa Wildeklawer Sport vanjaar weens die Covid-19-pandemie gekanselleer moes word, is planne vir volgende jaar se toernooi goed op dreef.

Die 12de jaarlikse rugby- en netbaltoernooi van Absa Wildeklawer Sport sal volgende jaar vanDie openingseremonie sal op Vrydag 23 April in Kimberley plaasvind, en wedstryde sal op Saterdag 24 April en Maandag 26 April beslis word.is die dae waarop wedstryde gespeel sal word.Dit sal van 23 tot 26 April plaasvind.

Die toernooi vir laerskoolleerlinge sal onmiddellik ná die senior toernooi in Kimberley aangebied word.

’n Nuwe toevoeging tot volgende jaar se toernooi is die deelname van 12 o.16-netbalspanne.

Altesaam 20 skole sal aan die senior rugbytoernooi deelneem, terwyl 12 skole in die senior netbaltoernooi sal meeding.

Dié toernooi, wat al die leidende rugby- en netbalspanne in die land betrek en ook die deelname van skole se junior rugbyspanne insluit, word as die mees gesogte sporttoernooi in die land beskou.

Volgens Jannie van der Westhuizen, voorsitter, het Absa as medeborg toegetree. Die moontlikheid om in die toekoms die bestaande toernooi na ander sportsoorte uit te brei, word ondersoek.

Van der Westhuizen sê die wedstrydbepalings sal so spoedig moontlik gepubliseer word, maar die publiek kan na baie mededingende, maar ook aanskoulike, wedstryde uitsien.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article