“Ek ry nou eendag uit op die Douglaspad, en net voor die groot sirkel sien ek die watergat aan die linkerkant. Ek hou dadelik stil en sien verskeie voëls op en om die dam. Ek het skaars stilgehou toe die kopereendwyfie (met die wit gesig) en haar kleintjies verbykom op pad na ’n klipeilandjie in die dam. Hulle het hulself net tuisgemaak op die eilandjie toe die mannetjie hom ook by hulle aansluit,” vertel leser Leon Venter. Ander watervoëls wat hy opgemerk het, is onder meer die bleshoender, ook met kleintjies, die kleindobbertjie en die grootwaterhoender.

Foto: Leon Venter

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article