Charissa Benadé van die Hoërskool Kalahari in aksie op die hokkieveld. Foto: Verskaf


Charissa Benadé

Charissa Benadé van die Hoërskool Kalahari in aksie op die hokkieveld. Foto: Verskaf

Die Hoërskool Kalahari se getrouste hokkiespeler glo die eerste span sou vanjaar nog baie hoogtes bereik het as dit nie vir die Covid-19-inperking was nie.

Charissa Benadé, ’n matrikulant, sê dit is ’n groot teleurstelling dat vanjaar se gr. 12-sportspelers nie die kans gegun word om hul skool se naam vir oulaas trots hoog te hou nie.

Sy sê om vir die Hoërskool Kalahari se eerste span uit te draf, het haar altyd trots laat voel omdat die hele skool bankvas agter hulle gestaan het.

“Almal ondersteun mekaar en is altyd daar vir mekaar”, sê sy.

Charissa, wat in 2018 die trofee vir die getrouste hokkiespeler ontvang het, sê sy het vanjaar die meeste daarna uitgesien om aan die interskole-liga deel te neem.

Sy voel Kalahari se eerste hokkiespan kon vanjaar uitstekend presteer en baie hoogtes bereik het. Die beste herinnering vir haar op die hokkieveld is wanneer hulle ’n wedstryd gewen het, en saam as ’n span hul “Victory-” kreet hardop kon sing.

Sy het verlede jaar ’n spesiale toekenning, die Metropolitan-beker vir die veelsydigste meisie in gr. 11, ontvang.

Sy is ’n slimkop wat jaar ná jaar op die skool se toptien-akademielys verskyn het.

Sy beplan om volgende jaar grondslagfase-onderwys aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus te studeer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article