Nelson Makhanye van Upington Dorp verdoel een van sy span se drieë.

Foto: Odette Kruger

Die Upington Dorp-rugbyklub het die afgelope Saterdag (23/07) hul tuisveld vir twee ZF Mgcawu-ligawedstryde oopgemaak.

Sunwolves van Upington was eerste aan die beurt teen die Kakamas-rugbyklub. In hierdie stryd het die besoekers die oorhand gehad en die telbord op 76 – 0 laat kreun.

Daarna het Upington vir sy gewilde plaaslike derby reggemaak waarin Upington Dorp teen United te staan gekom het.

United se Ronald Isaacs skryf dat dit ’n wedstryd was met twee helftes waar Upington Dorp die eerste een oorheers het deur United in gedwonge foute te forseer.

“United het egter ná die halftyd begin hardlooprugby speel met rotsvaste verdediging. In die agterlyn het Brandin Schreiner uitgeblink met Cliffie Willemse wat voorlangs koelkop was onder die druk.”

United het die tuisspan met 38 – 26 geklop.

Odette Kruger

BJ Koortzen van die Kakamas-rugbyklub hardloop tussendeur Sunwolves se verdedigers. Kakamas het die wedstryd met 76 – 0 gewen.

United se Maxwell Smith gee die bal aan na sy agterlyn ná ‘n losgemaal.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article