Sowat 31 mense, bestaande uit lede van AfriForum se Upington-tak en Rhino Security Services, het onlangs aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

’n Radiobeheer­kamer wat die tak met monitering gaan help, is ook by die sekuriteitsmaatskappy aangebring.

Die beheerkamer se reikwydte strek oor ’n radius van 300 km en sluit Griekwastad, Pofadder, Kathu en die Botswana-grens in.

Dit is in direkte kontak met die maatskappy se gewapende reaksiespan.

AfriForum se regspan het ook in Julie ’n dringende aanmaning aan die Dawid Kruiper-munisipaliteit gestuur oor die riool by die Kalahari-sentrum, wat ook in die Oranjerivier invloei.

Die tak het ook op vier punte stoptekens opgerig. Die gebrek aan stoptekens by die spesifieke kruisings het tot botsings bygedra.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article