“Verskeie skoenlappers besoek tans ons tuine, en ek kon wit en geel Afrikaanse swerwers (“African Migrant”) afneem waar hulle nektar in die kanferfoeliebos gesoek het. Selfs die heuningbye is nog redelik bedrywig,” laat weet Leon Venter van Kimberley. Die Afrikaanse swerwer behoort tot die familie van Witjie-skoenlappers. Hulle kom in groot dele in Afrika suid van die Sahara voor, insluitend al nege provinsies van Suid-Afrika. Dié skoenlappers is tuis in die meeste habitatte, hoewel hulle digte bos, woestyngebiede en ysige bergsones vermy, aldus Wikipedia. Die broeibevolkings kom in droë en vogtige savannesones voor. Gedurende middel- tot laatsomer migreer die skoenlappers in Suider-Afrika in ‘n noordoostelike rigting. Het jy ‘n foto van 1MB of meer van ‘n interessante onderwerp? Stuur dit na helena.barnard@novusmedia.co.za. Foto: Leon Venter

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article