In ’n poging om Covid-19-infeksies in die Kalahari te beperk, het studente van South32 hul persoonlike beskermingstoerusting van R650 000 aan die Ga-Segonyana-munisipaliteit geskenk.

Lede van dié studenteforum van die mynboumaatskappy in die Kuruman-omgewing, het op 28 Julie meer as 3 000 hulppakkette oorhandig.

Die pakkette bestaan uit Covid-19-inligtingstukke, gesigmaskers, handreinigerstaanders en seep.

Martin Tsatsimpe, munisipale bestuurder, en Keamogetse Madikiza, ’n raadslid, het die pakkette namens die burgemeester, Neo George Masegela, ontvang.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article