Vervolg van bl. 1: “Aanlegte word al etlike jare swak bestuur deur onbekwame personeel wat nie weet hoe om dit te bedryf, en nie die erns van rioolstorting besef nie.

“Die water by riool-aanlegte is veel meer gekonsentreer en besoedel as by oop mangate en pompstasies waar stadiglopende rioolwater aan suurstof en UV-lig blootgestel en sommige van die patogene vernietig word,” sê Fritz Bekker, watergehaltespesialis.

Hy sê die risiko vir wateroordraagbare siektes soos cholera is hoog vir gebruikers van water uit riviere waarin ongesuiwerde riool gestort word.

  • Lees die volledige berig op netwerk24.com onder Streeknuus, NoordkaapBulletin.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article