Lede van Die Voortrekkers se Olyvenhoutsdrift-kommando in Upington het onlangs ‘n besoek deur FurEver Adoption ontvang. Die kinders het honde- en katkos vir die diere ingesamel. wat hulle toe oorhandig het. Lizle van Tonder van die kommando sê dié bydrae is as deel van hul omgeeprojekte gedoen. Christine Maritz het met die kinders gesels oor hoe om troeteldiere te versorg, en sy het haar aanneemhondekind, Mille, saamgebring, – wat baie aandag by die kinders gekry het. Kalla van der Merwe en Antoinette van Wyk het haar vergesel. Die kinders het heelwat vrae gehad oor hoe om ’n hond of kat aan te neem.

Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article