Te danke aan sy lang nek kan hierdie kameelperd in die Mokala- Nasionale Park, ongeveer 80 km buite Kimberley, die nuwe en sappigste blare van die kameeldoringboom beetkry. Oktober is reeds verby sy halfpadmerk, maar die veld by Mokala en die omliggende omgewing is nog pure droë winterveld – vandaar die hoë brandgevaar wat tans bestaan. ’n Kameelperd se nek kan tussen 2 m en 2,4 m lank wees, en ongeag hierdie lengte bevat ’n kameelperd se nek slegs sewe nekwerwels, wat elk tot 30 cm lank kan wees. ’n Kameelperd eet daagliks ongeveer 34 kg plantmateriaal.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article