Schalk van der Merwe is die wenner van die onlangse Augrabies Crusaders MTB-wedren in die Augrabies- Nasionale Park.

Tydens die bergfietswedren op 15 Junie kon deelnemers ’n roete van 90 km of 40 km aanpak.

Van der Merwe het die 90 km-wedren in 3:39:51 voltooi. Tweede was Willem du Toit (3:49:16), en derde Riaan Strauss (3:49:49). Gabriela van Baalen is die wenner in die 90 km-vroueafdeling in 5:07:29.

In die 40 km-wedren is Petri Hanekom die wenner, in 1:27:48. Rico Venter was tweede (1:37:34) en Banna van der Merwe derde (1:37:45). Lani Mostert is die 40 km-vrouewenner in 1:40:05, Juanita Steyn tweede (1:41:53) en Magret van der Merwe derde (1:44:59).

Besoek oryxendurance.co.za vir meer uitslae, fietswedrenne wat eersdaags plaasvind, en foto’s.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article