Spanne van die Postmasburg-netbalklub het onlangs aan die Twizza-uitspeelwedstryde in Kakamas deelgeneem.
Tydens dié byeenkoms het die senior vroue- en mansspan tweede geëindig.
Twee van die klub se o.21-lede is boonop tot die Suid-Afrikaanse span verkies, sowel as vyf senior vroue en vier mans.
Die Twizza-uitspeelwedstryde vind eersdaags in Kathu plaas waar spanne van die vyf distrikte van die Noord-Kaap dit gaan uitspook om te bepaal wie op nasionale vlak by Sun City gaan meeding.




