Die Walk-By-Faith-sopkombuis van Santa Centre in Kimberley beplan ’n Kersete en -partytjie vir 120 kinders op 26 Desember.
Gregory Taylor, stigter en voorsitter van dié nie-winsgewende organisasie, sê ondersteuning in die vorm van skenkings is nodig om dié dag vir die kinders te bewaarheid.
Spesifieke voedselprodukte word vir die ete benodig, asook lekkernye, skoolklere en -skryfbehoeftes, en ’n speelding.
Van die voedselprodukte wat vir die ete benodig word, is 20 kg hoender, 10 kg rys, 4 liter kookolie, 10 kg aartappels, 3 kg uie en speserye.
Vir die lekkernye-pakkie word onder meer harde skyfies, lekkergoed, vrugtesap, suigstokkies en klein sjokolades benodig.
20 liter roomys en 120 roomyshorinkies word ook benodig.
Om in die geskenkpakkies te plaas, word enige skryfbehoeftes vir die skool benodig, asook skoolskoene en -klere, en ‘n speelding.
’n Springkasteel vir die dag sal tot verdere vreugde bydra.
Bel Taylor (060-350-6658), Quinton Jacobs (060-429-1374), Vanessa Rens (084-977-9405) of Yolandie Toit (081-268-3621), of besoek Walk-By-Faith op Facebook vir meer ligting.


