’n Deel van die nuwe hoofwatertoevoerpyp wat aan die Magrieta Prinsloo-laagwaterbrug by Warrenton geheg is. Julie is dit die vyfde maand dat Warrenton-dorp, Warrenvale en Ikhutseng sonder water is nadat die vorige hoofwatertoevoerpyp in die Februarie-vloed beskadig is. Sedertdien het talle beloftes en politieke toutrekkery geensins tot waterverskaffing vir die dorp bygedra nie. Tans word geswyg oor die tydelike plan vir waterverskaffing, terwyl inwoners meen dat selfs wanneer die hooftoevoerpyp voltooi is, dit nie gaan help nie aangesien die Warrenton-watersuiweringsaanleg steeds foutief en onvoltooid is. ’n Gemeenskapsvergadering is glo vir Donderdag (06/07) deur die Magareng-munisipaliteit belê om die nuutste stand van sake deur te gee.
Foto: Helena Barnard



