Die ZF Mgcawu-subunie van Griekwaland-Wes-rugby bied Saterdag (16/07) ’n o.21-streekkompetisie in die Mxolisi Dicky Jacobs-stadion in Upington aan wat ook as proewe vir insluiting in die Griekwas se o.21-span sal dien. Ses streekspanne uit die Noord-Kaap sal deelneem.
Die ZF Mgcawu-span is op 18 Junie uit die ses spanne in die streek, asook hoërskoolleerlinge en kollege-studente wat oud genoeg is om hier mee te ding, gekies.
Die afrigtingspan van die o.21-span is uit die beskikbare senior ZF Mgcawu-spelers aangewys.
Só lyk die afrigtingspan:
Gerrit Smits van Upington Dorp sal as hoofafrigter dien, met Hein Stasch, van dieselfde klub, as sy hulpafrigter. Aan hul sy sal Wallace Daniels van die Defence Force Collegians die leisels as spanbestuurder vat en Lian Liebenberg van Upington Dorp gaan die logistieke aspekte bestuur.



