Steeds aktief in ’n wintertuin, en veral ook waar die laaste van die aalwyne en soortgelyke plante in die blom is, is suikerbekkies wat die nektar van die blomme geniet. Leon Venter van Kimberley beskryf suikerbekkies as ratse kalante wat ’n fotonemery van hulle uitdagend maak. Tog het hy die wyfie van die witpenssuikerbekkie, wat haar snawel by die agterkant van die blom insteek, in sy tuin raakgesien en was hy betyds om haar af te neem. Wanneer die blomkelke nie maklik toeganklik is nie, neem hulle die nektar op dié manier in. Suikerbekkies het buisvormige tonge waarmee nektar uit blomme gesuig word. Anders as die mannetjie wie se kop en boonste deel van die lyf ’n skitterende blougroen is, is die wyfie “vaal”, met bruingryskleure.

Foto: Leon Venter

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article