Die AfriForum-tak in Vaalharts het onlangs sy nuwe bestuur aangewys. Dié bestuur is slaggereed en opgewonde om die gemeenskap te dien. Die tak het reeds onderneem om deel te neem aan projekte soos die verf van stopstrate en om bome tydens boomplantmaand te plant. Die tak wil ook op veiligheid in die gemeenskap fokus. “Ek is opgewonde oor die nuwe bestuur, want ek kan sien hulle is baie lus om ’n verskil in Vaalharts te maak. Ek glo dat daar nog baie projekte soos hierdie sal wees. Ek wil ’n beroep op die gemeenskap doen om betrokke te raak, dit is immers jul dorp waarvoor julle lief is,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo. By die geleentheid is van links Smit, Frikkie van Eeden (tesourier), Charl van der Merwe (ondervoorsitter), Susan Coetzee (addisionele lid), Carel van Heerden (veiligheid), Drikus Jacobs (sekretaris) en Jaap Saunders (voorsitter).

Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article