Oor groot dele van die land het die son oor ’n groen en nat 2022 opgekom en inwoners van talle droogtegeteiserde dele kon opnuut moed skep. In Kimberley word reënbuie in die namiddag vir bykans die hele week voorspel, met ’n gemiddelde minimum temperatuur van 17 °C en ’n gemiddelde maksimum van 28 °C. In Upington en omgewing is die gemiddelde minimum temperatuur 21 °C, en vir Kuruman 17 °C, terwyl die gemiddelde maksimum temperatuur onderskeidelik 36 °C en 28 °C is. Verspreide donderbuie in die middae word vir die hele streek voorspel.

Foto: Jacques Jansen van Vuuren

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article