Namakwaland in die Noord-Kaap is die Aspoestertjie-streek van Suid-Afrika, het die immergroen reisskrywer, T.V. Bulpin, in sy boek “Discovering Southern Africa” geskryf. Hierdie dorre streek verras jaarliks met wat as die wêreld se skouspelagtigste blommeskouspel beskryf word. Kenmerkend hiervan is die Namakwalandse madeliefies wat dan in oorvloed blom. Dié eenjarige blomplant kan afhangend van die reënval en temperatuur van Julie tot in September blom. Hoewel die bekendste, is Namakwalandse madeliefies maar een van ’n paar duisend blomsoorte wat in hierdie tydperk in die Namakwaland blom. Dié blommeskouspel is iets wat elkeen, wat dit nog nie beleef het nie, op sy emmerskoplys behoort te plaas.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article