Zander Oberholster, die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas se studenteraad- (SR) voorsitter vir 2024, is gekeur as een van 25 seunshoofleiers om vanjaar se jeugleierskonferensie van Die Burger in Stellenbosch by te woon.

Dit word vanjaar ’n 65ste keer aangebied, en vind van 10 tot 14 Desember plaas. Vanjaar se tema is “Gebruik elke geleentheid ten goede”.

Zander Oberholster

Elke jaar word 50 verdienstelike kandidate gekeur – 25 seuns en 25 meisies.

Jeugleiers in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap word hiervoor gekeur, en die geleentheid word as ’n uitsonderlike eer en voorreg beskou.

Zander is die enigste kandidaat uit die Noord-Kaap wat gekeur is.

HMO se hoofleiers is al voorheen ingesluit om van hierdie geleentheid gebruik te maak, en Zander volg in die voetspore van onder andere Danelle Jacobs (2023), Renier Fereira (2022), Le Roux de Vos (2021), Shireen Wiese (2020), Nina Ackerman (2018), Jan-Willem Nel (2017) en Hananja Jordaan (2016).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article