Deur die bou van ’n toring van nie-bederfbare voedselprodukte wil Jo-mari Becker, die huidige Mev. Noord-Kaap, en ander titelhouers uit die provinsie vanjaar as die wenner van die nasionale Power Towers-projek gekroon word.
Deel van die titelhouers van Mzantzi Pageants se gemeenskapsbetrokkenheid is om die projek te ondersteun.
Nadat die toring gebou is, word die voedselprodukte versprei na waar dit nodig is.
Becker sê dat sy en die ander titelhouers van 2022-’23 skole, ondernemings en inwoners uitdaag om deel te neem en hulle te ondersteun. Sy vertel dat die Gauteng-titelhouers reeds vier ton voedselprodukte ingesamel het. Becker sê skenkings van nie-bederfbare voedselprodukte kan by enige van die Mevrou-titelhouers afgegee word: by Anzel Swart en Yolande Fourie in Upington, of by haar in Kakamas. Die sperdatum vir die ontvang van skenkings is 12 November, waarna die voedseltoring by die Kalahari Gateway Hotel in Upington gebou gaan word.
- ’n Ander projek waaraan die Noord-Kaapse titelhouers deelgeneem het, was die internasionale Sweat4Soap-projek vroeër in Oktober.
Vir elke kilometer wat ’n titelhouer gestap, gedraf of fietsgery het, is ’n koekie seep vir ’n vlugtelingkamp geborg. Die Noord-Kapenaars het tydens die projek 275 koekies seep ingesamel.
- Kontak Becker by 082-496-3979.





