’n Uiters geslaagde Kersblyspel onder die sterre-geleentheid is op Woensdagaand 20 November by Yonder, deel van die Noord-Kaaplandse Geestesgesondheidsvereniging, in Kimberley aangebied. Die geestelike sanger Willie Joubert het opgetree, en inwoners van Yonder het aan die Kersblyspel deelgeneem. Die reëlingskomitee is dankbaar oor die goeie opkoms, ongeag reënweer wat geheers het. Toegang was gratis, maar skenkings van onder meer linne is gevra vir die volwasse inwoners van Yonder wat daagliks met ’n gestremdheid saamleef. Die reëlingskomitee is verheug oor die groot hoeveelheid skenkings wat ontvang is. Daar word beoog om die geleentheid jaarliks aan te bied, en dit voortaan uit te brei met meer Kersliggies wat vir ’n langer tydperk vertoon word en in die aande deur die publiek besigtig kan word. Dit is verlede jaar die eerste keer aangebied.

Foto’s: Facebook/Yonder Hartsfees

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article