Om die gemeenskap se waardering vir die Kathu-brandweer te wys, het dié dorp se AfriForum-tak ’n nuwe 40-duim-TV aan die brandweer geskenk nadat die vorige TV onklaar geraak het. “Met die lang ure en onbaatsugtige werk wat die brandweer vir die gemeenskap van die Gamagara-plaaslike munisipaliteit doen, wou die tak sy waardering wys. Die TV bied ’n bietjie genot vir die mans en vroue wat soms nagte deur werk om verwoestende brande onder beheer te bring,” sê Johan Snyman, voorsitter. Die Kathu-brandweer waak oor die Kuruman-gebied tot so ver soos Olifantshoek, en verleen ook hulp met noodlottige voertuigongelukke. Van links is Paulina Caquarta, Snyman en Tebogo Phologo.

Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article