Span- en bestuurslede van die Sishen-rugbyklub juig oor hul superliga-oorwinning op 15 Julie.

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM

Die Sishen-rugbyklub is weereens die wenner van Griekwaland-Wes se Superliga-reeks.

Reeds vanaf 2012 tree Sishen as die ligawenners uit dié stryd.

Span- en bestuurslede van die Sishen-rugbyklub juig oor hul superliga-oorwinning op 15 Julie.

Vanjaar het hulle die trofee gelig ná die eindstrydkragmeting teen die Kimberley-rugbyklub op 15 Julie op die Windhoek Draught-park in Kimberley.

Sishen het Kimberley met 35 – 33 geklop. Die halftydtelling was 18 – 26 in Kimberley se guns.

Die resep vir Sishen se sukses lê onder meer daarin dat sy spelers weet hoe om onder druk te speel, met jare se ervaring van meeding in eindstrydwedstryde.

So vertel Johan Peens, spanbestuurder en mede-afrigter sedert 2017. Hy sê dat nog ’n voordeel vir die Sishen-span die feit is dat hulle ook aan die Gold Cup-liga deelneem wat baie harde spel vereis. Die Sishen-span het al ’n negende plek tydens die liga behaal.

Van links is Viljoen van der Linde, Johan Peens, Jandré du Plessis en Willie Vermeulen.

Boonop ding hulle ook in die Van Druten-liga mee.

Kondisionering vir die Gold Cup-liga begin in Augustus, met die liga wat in September begin.

“Ons spanlede kom meestal van die plaaslike kollege, baie is jonk uit die skool. Hulle word absoluut op meriete gekies,” sê Peens wat van 2010 tot 2016 ’n speler in die span was.

Die klub vier op 12 Augustus sy 70ste bestaansjaar tydens ’n naweek vol aktiwiteite.

Besoek die Facebook-blad Sishen Rugby Klub vir meer inligting hieroor.

Van die spelers van die Sishen-rugbyklub ná hul sege. Van links is Radi Burger, Van Zyl Erasmus, Richard Bowyer, Warren Hart, Hancke Brits, Armand Martin (kaptein) en Arno Meyer.

Vreugde ná die sege. Van links is Chad van den Heever, Clement Mathys, Byron Booysen, Jacobs Luciano en Sammy Muzaza,. By hulle is twee jong ondersteuners.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article