Cleantha Koetzee, jare reeds ’n model aan die Dawrette Heyns Model-akademie in Upington, is in Los Angeles, Amerika, waar sy aan die Wêreld­kampioenskapsbyeenkoms vir Uitvoerende Kunste (WCOPA) deelneem.

Cleantha Koetzee

Dié kampioenskap het Saterdag (29/07) begin en duur tot Saterdag (05/08). Hiertydens ding talentvolle jong mense van 70 lande met mekaar mee.

Heyns sê dit word as ’n opvoedkundige ervaring beskryf, en dat daar dikwels na die kampioenskap as die “Talent- Olimpiese Spele” vir aspirant- en vermaaklikheids­kunstenaars verwys word.

Cleantha het verlede jaar tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskapsbyeenkoms van Uitvoerende Kunste (Sacopa) in Rustenburg in die model-afdeling deelgeneem, en gekwalifiseer om vanjaar haar land in Amerika te verteenwoordig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article