Die milde reën die afgelope naweek het ’n deel van Du Toitspanweg, reg voor die Robert Sobukwe Mangaliso-hospitaal, laat oorstroom. Meer as 60 mm reën is aangemeld. Teen druktyd het dit steeds in groot dele van KwaZulu-Natal gereën, waar oorstromings en modderstortings plaasvind. Van die hoofroetes in die provinsie is gesluit, en reisigers wat beplan om die Natalse kus vir Paasnaweek te besoek, word aangeraai om uit te vind of hul beplande roete wel begaanbaar is.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article