Richard Seart van Upington Dorp gee die bal terug vir sy spanmaat, Michael Steyn, nadat een van die Sunwolves se verdedigers hom geduik het.

Foto: Verskaf/Odette Kruger

Spanne van verskeie rugbyklubs in die ZF Mcgawu-streek het Saterdag (23/04) kragte gemeet.

In Upington het Upington Dorp ’n sege van 40 – 0 oor die Sunwolves van dieselfde dorp behaal.

Die Kakamas-rugbyklub het op sy tuisveld teen Defence Force Collegians van Upington kragte gemeet. Die besoekers het net-net koning gekraai met 27 – 26.

Odette Kruger

Upington Dorp se Wynand Terblanch bars deur die Sunwolves se verdedigers.

Upington Dorp se span wat teen die Sunwolves gewen het met 40-0.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article