Die begraafplaas in Paballelo, Upington, waar begrafnisse steeds plaasvind. Verskeie helde van die bevrydingstryd is hier begrawe, onder andere Zwelentlanga Fatman Mgcawu, die eerste burgemeester in die demokratiese era na wie die distriksmunisipaliteit vernoem is.

Foto: Verskaf

Die struggle-helde wat in die begraafplaas van Paballelo by Upington begrawe is, rus nie in vrede nie, maar in rioolafval.

Begrafnisgangers kla hulle moet hul weg deur die stank en gemors vind, en sê net wanneer ’n “belangrike” persoon begrawe word, maak die Dawid Kruiper-munisipaliteit ’n plan hiermee.

Die begraafplaas in Paballelo, Upington, waar begrafnisse steeds plaasvind. Verskeie helde van die bevrydingstryd is hier begrawe, onder andere Zwelentlanga Fatman Mgcawu, die eerste burgemeester in die demokratiese era na wie die distriksmunisipaliteit vernoem is.

Jan Assegaai, DA-raadslid, sê daar is min kundigheid in die munisipaliteit weens kader­ontplooiing, en ook nie veel dissipline nie soos blyk uit die onvermoë om oortydbetalings te beheer. Sommige amptenare verdubbel glo hul salarisse met oortydbetalings.

Iemand wat anoniem wil bly, sê die munisipaliteit het geen volhou­bare plan om die rioolprobleem in die begraafplaas op te los nie.

Antoinette Slabbert, Rapport

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article