Koos Josob, of oom Koos soos hy bekend staan, is voorwaar ’n ikoon van die Richtersveld- Nasionale Park.

Oom Koos het in 1993 sy loopbaan by die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (Sanparke) begin as hekwag by Sendelingsdrift – geleë in die |Ai-|Ais-Richtersveld-oorgrenspark.

Hy is later daardie jaar as veldwagter aangestel.

Oom Koos het sy loopbaan in 2024 in dieselfde park voltooi as waar hy sy loopbaan begin het.

Hierdie ikoon het sy lewe lank in die Richtersveld gebly en ook geboer baie lank voordat die park in 1991 geproklameer is.

Sy liefde vir Sanparke en om die natuur vir die nageslag te bewaar het oor die jare heen net verder gegroei.

Later was oom Koos die gekose veldgids wanneer gaste meer oor die omgewing wou weet.

Oom Koos glo in opregtheid.

“Maak geduld deel van jou persoonlikheid, kweek geduld, wees geduldig – en daardeur sal jy sukses bereik. Hou aan, hou goeie moed, dit wat jy soek, sal jy kry.”
Koos Josob se boodskap aan oudkollegas, asook diegene wat ‘n loopbaan by Sanparke oorweeg

Oom Koos het diep voetspore in die Richtersveld- Nasionale Park agterlaat en gaan altyd onthou word as die nederige Richtersvelder en vir sy liefde vir die natuur.

Sanparke se ariede streek wens oom Koos voorspoed toe met sy aftrede en sal hom altyd onthou en eer as een van die eerste plaaslike inwoners wat ’n positiewe verskil in die bewaring van die natuurlike omgewing gemaak het deur saam met Sanparke ’n pad te stap.

  • Oom Koos is benoem as een van die finaliste vir vanjaar se Kudu-eerbewyse wat op Donderdag 28 November by Gallagher Estate toegeken word. Die benoeming is in die afdeling vir lewenslange bydrae.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article