Die Griekwas het in die afgelope Curriebeker-wedstryd teen die Pumas vasgeval, en daarmee was hulle vanjaar in dié reeks nog net een keer aan die wenkant.

Die Pumas het op Sondag 28 Julie opwindende hardlooprugby gelewer en het die drieë teen Griekwas ingeryg in die wedstryd in Mbombela. Die Laevelders het nege drieë gedruk om met 66 – 26 te wen.

Dit is hul derde oorwinning in vier wedstryde in die reeks vanjaar.

Griekwas het die eerste punte van die wedstryd aangeteken toe die heelagter Cameron Hufke gaan druk het.

Vroeg in die wedstryd het die Pumas ’n keer of wat in lynstane gesukkel, en daarby het hulle ook ’n paar keer gesukkel om af te rond wanneer hulle in die besoekers se kwartgebied was. Maar later het die Pumas beter afgerond en is hulle beloon met drieë deur die senter Clinton Swart en die vleuel Phiko Sobahle voor rustyd. Met die omdraaislag was die telling 28 – 14 in die Laevelders se guns.

Vroeg in die tweede helfte het die voormalige Blitsbok Darren Adonis, vleuel, die Pumas se vyfde drie gedruk.

Toe die Pumas se kwiksilwer-vleuel Stefan Coetzee met net meer as 20 minute se speeltyd oorgeduik het vir sy span se sesde drie, was dit duidelik dat die vreugdesvure maar in Mpumalanga aangesteek kan word.

Puntemakers: Griekwas 26 (14): Drieë: Cameron Hufke, Thomas Bursey, Sako Makata, Connor Mahoney. Doelskoppe: Zinedine Robinson (3). Marnus Kok

  • Die Griekwas meet op Sondag 4 Augustus om 15:00 kragte met die Lions in die Suzuki-stadion in Kimberley. Kaartjies kan op ticketpro.co.za gekoop word, of by die kantoor of hekke. Vroue het gratis toegang tydens Vrouemaand. ’n Potjiekoskompetisie word ook aangebied. Besoek Griquas Rugby – G.W.R.U. op Facebook.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article